Conservation
Conservation
Bewaring
Die wyse gebruik van die aarde se natuurlike hulpbronne wat die voortdurende beskikbaarheid daarvan vir die toekomstige nageslag sal verseker.
Conservation
The wise use of earth’s natural resources that ensures their continuing availability for generations to come.
‘n Laeveld het ‘n bydrae gelewer tot die navorsing van Koedoe vrektes in Noord Tansvaal waar die Universiteit van Pretoria vasgestel het dat wanneer die Koedoe populasie te hoog word en te veel blare van die bome gevreet word die bome tanien afskei. Die kennisgewing van die bome word deur die wind van boom tot boom gedra en almal gee tanien af en dit verhoed dat die blare wat gevreet wor deur die spysvertering stelsel verteer word en dan vrek die Koedoes met ‘n maag vol kos.
As gevolg van die feit dat miltsiekte(anthrax) die totale populasie van Baster Gemsbokke(Roan Antelope) in die KNP vernietig het, het Chasa‘n projek geloods vir die hervestiging van die diere in die KNP. Ons het ons bydraes daartoe gelewer en dit was interessant om te weet dat een Roan bul ‘n Swartwitpens bul van sy trop koeie verjaag het en hulle oorgeneem het. Die resultaat was ‘n mensel van die twee, maar die kalwers het meer na die Roan met sy lang ore gelyk as na die Swartwitpens en soos in die geval van ‘n muil het die groepe Basters hulle self vernietig omdat hulle nie kon aanteel nie.
Daar was vasgestel dat die uitgestorwe Kaapse Kwagga, ‘n Kwagga geword het deur die inteling van die Vlakte Zebra. Chasa het met ons samewerking onderneem om vir ‘n tyd die terugteling van die Kwagga te borg deur op die navorsingsplaas Vrolikheid in die Wes Kaap voedsel aan die diere te verskaf. Sover ek weet gaan die navorsings projek nog voort en was daar al duidelike tekens van die Kwagga wat hoosaaklik net strepe by die nek gahad het, sigbaar.
Bontebokke was gebruik om kuddes Blesbokke deur kuisteling op te gradwer totdat die Kaapse Natuurbewaring met behulp van verenigings skoon kuddes Bontebokke te registreet om so spesies te bewaar. Dit is interessant dat Bontebokke eindelik Bontebokke geword het deur inteling van Blesbokke.
Die verskil is soos volg: die horings van die Bontebokke is swart terwyl die van Blesbokke grys is met wit strepe. Die bles is suiwer wit waar die van Blesbokke bruin strepe vanaf die kliere uitskei. Die Bontebok het baie meer wit en ook wit skouers terwyl die Blesbok bruin skouers het.
Die jag op Natuur Reservate was ‘n verleentheid omdat jagters van die Verenigings die vorige jaar gemiddeld 14 skote per dier wat hulle gejag het moes skiet om hulle te kry. Die span van die Laeveld het die bordjies verhang en 1.5 skote per bok op ses diere geskiet. Die owerhede het gevind dat net 1 uit 14 lede van die jagtersvereniginglede geweet het hoe om die teleskoop van sy geweer in te stel
Dit TVL Natuurbewaring het die jag op die Oos oewer van die Pongola Natuur Reservaat aan ons Vereniging toevertrou en aan die einde van die seisoen het ons die inkomste van die jagte aan hulle oorbetaal. Daardie reeling was beëindig toe die Reservaat na 1994 na Natal oorgedra was.
Junior opleiding was ‘n hoë prioriteit by ons Vereniging en vir die eerste nege jaar het ons geleenteheid gekry om die juniors hulle eerste bok op die Loskopdam Natuur Reservaat te jag. Die grootste bok het met kop en horings af, binngeoed uit, 68kg geweeg. Ons het daar dikwels verby die wêreldrekord Witrenoster, wat later deur Peter Flack gejag was, verby geloop en hom vir die junior jagters gewys. In al die jare was geen bok deur ‘n junior gekwes nie.
Die Vereniging het die jag van Seekoeie in die Krokodilrivier, die Olifantsrivier en die Blyderivier beheer. Daar was ‘n populasie Vlakte Zebras in die Blydepoort Reservaat onder die Drie Rondawels wat nie in die klipagtige gebied aangepas het nie en uitgehaal moes word was deur lede van Laeveld gejag.
In Piet Retief omgewing was die Oorbietjie bedreig en Mnr Gunther Weber het sy plaas aangebied vir ‘n bewaringsprojek. Piet retief tak het die aanvaar en vandag is daar baie van die diere en ook heelwat meer plase wat deel van die bewaringsgebied van die vreeslose bokkies uitmaak.
Die LJV is direk verantwoordelik vir die oorplasing van diere soos Buffels, Olifante ens. na buite die KNP. Ons het toestemming gekry dat die Park families Buffels oor die grens sou jaag na privaat plase. Ons sou dan ook soveel jare die hoeveelheid diere jag en die aanwas sou die boer se eiendom bly. Ons kon egter nie die boere kry om die geleentheid te aanvaar nie want hulle het dadelik self die KNP genader en het dit het gelei tot die verwydering van die drade tussen die KNP en aangrensende reservate.
LJV was die eerste finansiele skenker aan die Rhino and Elephant Foundation wat van hulle stigting tot vandag ‘n reuse bydare gelewer het tot die sinvolle bewaring van diere.
Laeveld was direk betrokke by die jag van problem diere by beide die TVL Natuurbewaring en Kangwane Parkeraad tot en met die politeke verandering.
Laeveld was direk betrokke by die stigting van die Mpumalanga Parkeraad en het al die Kabinetkomitee vergaderings bygewoon en die lewensvatbaarheid studie van so ‘n organisasie vir die oorhangskabinet gedoen. Ons was ook teenwoordig by die bekenstelling an die eerste Mpumalanga Natuurbewarings ordonansie en was gevra om kommentaar daarop te lewer.
Ons was verantwoordelik vir die onderhandeling vir die stigting van die Natuursersvaat by Witbank dam en het Rooibokke, Zebras en Wildebeeste aangebied vir die Nelspruit Natuur Reservaat indien die stadsraad die omhein. Omheining is gedeeltelik gedoen en ons behoort borge te kry om dit te voltooi sodat dit nie net nog ‘n behuisingsgebied word nie.
Die Natuur Reservaat in Piet Retief was ook deur die tak bestuur maar ander magte het die status daarvan verander.
Die stigters lede van die Laeveld Jagters-, Wildebewarings -, Versmaleaar en Sportskiet Vereniging was stoere manne en ons hoop dat daar met wysheid na die uitdaging van die toekoms gekyk word sodat ons altyd die leidende en voortreflikste Vereniging sal bly wees wie se doelstelling en belang van die lede en die belang van bewaring, jag en sinvoille benutting sal bly, sodat lede met die hoogste trots kan së:
”Ek is ‘n lid van Laeveld Jagters”